top of page
Akkommodasie/ bespreek

DIE BUITEKAMER

Bespreek
6.jpg
Die Slaapkamer

Slaap 1 - 4 gaste - Ideaal vir 'n gesin.

1 Dubbelbed

2 Enkelbeddens

Die Kombuis

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware, braaibak, twee-plaat stoof, braaipan

en daar is 'n klein eettafel vir twee.

Koffie, tee, suiker, melk en besluit word voorsien.

Die Badkamer

Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Seep asook handdoeke word voorsien. 

TARIEWE
Tariewe

1 Persoon:    R450 p.n.

2 Persone:   R550 p.n.

3 Persone:   R650 p.n.

4 Persone:   R750 p.n. 

Betaling

50% Deposito is betaalbaar met bespreking. Dit bevestig en verseker jou bespreking.

Balans betaalbaar per EFT voor aankoms     OF     dag van aankoms - in kontant alleenlik. 

Kansellasiebeleid

1 maand voor die inklokdatum: 50% van die deposito is terugbetaalbaar.
2 weke voor die inklokdatum: 25% van die deposito is terugbetaalbaar.
Minder as 2 weke voor die inklokdatum: 0% van die deposito is terugbetaalbaar

Ander inligting

Geen troeteldiere.
Rook is verbode binnenshuis.
Die Buitekamer Cottage en die eienaar is nie verantwoordelik vir enige ongeluk, siekte, besering van enige oorsaak, verlies, dood, of enige vertragings van enige aard wat gaste opdoen of ly deur enige persoon, diefstal of skade aan enige eiendom wat mag voorkom tydens verblyf. Enige eise wat voortspruit, is onderhewig aan Suid-Afrikaanse reg en die uitsluitlike jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe. 
Indien enige gas skade aan Die Buitekamer Cottage of die plaas veroorsaak, hetsy opsetlik of deur nalatigheid, word ei gas aanspreeklik gehou vir die regmaak of vervang van die eiendom wat beskadig is.

Website Layout designed by Theonie Desgins

Tel: 082 415 6593

KONTAK ONS

Soutpansvlakte, Bredasdorp, Weskaap

VAN BREDASDORP:

​

Neem die R319 in Swellendam se rigting. Jy sal verby die Silos asook Overberg Agri ry.

Net nadat jy oor die Karsrivier brug ry, neem jy die eerste regs op 'n grondpad.

Hou aan ry vir ongeveer 6.8km, terwyl jy jou oë oophou vir 'n blou bord wat sê:

"Theo & Marianna Blom" asook ander name.

​

By hierdie bord draai jy regs en hou aan met die pad, deur 'n driffie en dan sal die pad in twee split by 'n klip waarop staan:

"Theo & Marianna" asook "Die Buitekamer".

Hou REGS en daarna hou jy net REGUIT aan.

​

Jy sal al hoe nader aan die Fynbos duine beweeg. Jy sal dan reg voor die eienaars se hek kom.

Indien die hek toe is, kan jy ons gerus skakel of sommer die hooter druk.

​

​

Sukses!

bottom of page