top of page

DIE BUITEKAMER

Akkommodasie
ABOUT

MEER OOR ONS

Die Buitekamer is 'n lieflike selfsorg-eenheid, ongeveer 19km buite Bredasdorp.

Dit is geleë op 'n werkende plaas wat omring is deur ongelooflike mooi natuurskoon.

Die Buitekamer is op die plaaseienaars se werf, maar gaste het steeds hul eie privaatheid.

​

Die Buitekamer bied slaapplek vir 1 to 4 gaste - ideaal vir 'n gesin.

Dit bestaan uit 1 slaapkamer, kombuisie en badkamer. 

Buite kan gaste gerieflik braai en ontspan - braairooster en hout word voorsien.
 

Die Buitekamer

Die Buitekamer bied heerlike

slaapplek vir 2-4 mense.

"Click"  hieronder en kyk self.

OUR SERVICES

WAT ONS BIED

Braai Geriewe
Wifi @ Buite-Area
Natuurskoon
Veilige Parkering
Werkende Plaas
TV
GALLERY

FOTOS

GASTEVALUERING

Thanks for a lovely clean cottage, even more can't thank you enough Marianna for showing the children around, and making a weekend for us to remember.

Esteen, Jerry, Kyle & Tyla

Contact

Website Layout designed by Theonie Desgins

Tel: 082 415 6593

KONTAK ONS

Soutpansvlakte, Bredasdorp, Weskaap

VAN BREDASDORP:

​

Neem die R319 in Swellendam se rigting. Jy sal verby die Silos asook Overberg Agri ry.

Net nadat jy oor die Karsrivier brug ry, neem jy die eerste regs op 'n grondpad.

Hou aan ry vir ongeveer 6.8km, terwyl jy jou oë oophou vir 'n blou bord wat sê:

"Theo & Marianna Blom" asook ander name.

​

By hierdie bord draai jy regs en hou aan met die pad, deur 'n driffie en dan sal die pad in twee split by 'n klip waarop staan:

"Theo & Marianna" asook "Die Buitekamer".

Hou REGS en daarna hou jy net REGUIT aan.

​

Jy sal al hoe nader aan die Fynbos duine beweeg. Jy sal dan reg voor die eienaars se hek kom.

Indien die hek toe is, kan jy ons gerus skakel of sommer die hooter druk.

​

​

Sukses!

bottom of page